Pampoensak (Kooksak)
Pampoensak (Kooksak)
Geniet jou eie Hooisak, Kooksak,
Pampoensak.
Hierdie pragtige sakke van herwinde lap, is ontwerp met die doel om ‘n warm potjie te laat prut laaaánk na jy dit van die stoof afgehaal het. Dit is ongelooflik energie- en brandstof- en kommer-besparend.
Die Pampoensak –
werk SONDER ‘n kragprop, battery of brandstof.
steur hom nie aan BEURTKRAG nie.
kan nie kos laat AANBRAND nie.
kook jou kos MURGSAG SONDER KRAG!
Koop NOU jou eie een (of twee, of drie) by Lisa,
die Lapmeisi.
Ingesluit: ‘n Toevou-doekie om die sak se binne-voering te beskerm.
Klein : 1 tot 2 liter Potjie. 25cm x 25cm x 15cm
Medium : 1 tot 4 liter Potjie. 38cm x 38cm x 20cm
Groot : 1 tot 6 liter Potjie. 47cm x 47cm x 22cm
RIGLYN VIR KOOKTYE:
Op die stoof In die sak
VLEIS 20 min 5 ure
HOENDER 15 min 3 ure
GROENTE 5 min 1 uur
RYS 5 min 1 uur
HAWERMOUTPAP 5 min 1 uur
AANWYSINGS:
- Gebruik vlekvrye staal-kastrolle of ysterpotte, met kort handvatsels in jou pampoensak.
- Doen alles vooraf, soos gewoonlik – bv. braai die uie bruin, voeg die nodige speserye by.
- Kook/prut jou potjie vir die aanbevole tydsduur (gebruik die riglyn hieronder). Haal van die hitte af.
- Voer die sak uit met die doekie, plaas die warm pot daarop neer, vou die doekie toe.
- Trek die Pampoensak se ryg-toutjie vas, en strik dit vir ekstra voorsorg.
- Pas die deksel-kussinkie knus bo-op in.
- Los die Pampoensak in ‘n stil hoekie, weg van nuuskierige agies.
- Moenie loer voor die aanbevole tyd om is nie – kosbare hitte gaan ontsnap.
- (As iemand die sak oopmaak voor die tyd, bring net die potjie weer tot by kookpunt op die stoof, en sit dit terug in die Pampoensak.)
- As die kos gaar is, roep almal bymekaar, en dien dadelik op.
- Jy sal verbaas wees om te voel hoe warm dit nog is.
NOG WENKE:
* Pampoensakke spaar nie net krag nie, dit spaar selfs tyd. Terwyl jou potjie kos rustig stowe, is jou hande los vir ander dinge.
* Gebruik ‘n ysterpot of vlekvrye staal-kastrol. Dis belangrik om die deksel op te hou.
* En onthou, ‘n kastrol met ‘n glasdeksel gaan nie so lekker werk nie.
* Gebruik ‘n bietjie minder water by jou kos as gewoonlik – geen verdamping vind plaas tydens die kookproses nie.
* As jy bredie of sous wil verdik, meng die meelblom/soppoeier vooraf by, of prut die potjie op die stoof vir ‘n paar minute na jy dit uit die Pampoensak gehaal het en voeg dan verdikker by.
* Dit werk heerlik, om Jogurt in te maak.
* En dit werk uitstekend as ‘n koelhouer – waarom nie? (Sit net jou koue bier binne ‘n plastieksakkie, ter wille van kondensasie).
* Gebruik jou Pampoensak soos ‘n lou-oond. Lekker vir later.
Geniet dit om te Kook Sonder Krag!
Verpakking
Verpakking
Elke individuele pakkie is afsonderlike vakuumverpak en gevries vir optimale raklewe, higiëne en varsheid.
Verder help dit ook om die pakkies basies lekvry te maak. Kondensasie op gevriesde produkte is natuurlik altyd daar...
Afmetings
Afmetings
Afmetings afhanklik van massa van pakkie
Normaalweg:
30 mm dik
170 mm lank
120 - 180 mm wyd
Waterrtrap Nguni vleisprodukte
Geen MSG
Geen Anti-biotika
Geen Hormone
-
Gratis aflewering
Aflewering is gratis onder voorwaarde dat dit inval by ons twee weeklikse aflewerings- skedule en roete. Kontak ons via Whatsapp vir meer inligting -
Probleemvrye uitruilings
Maak asb. seker dat jy die korrekte produkte ontvang by aflewering