Hoe werk dit?

Maklike Skoon hormoon en gifstofvrye, veldgevoerde Bees en Varkvleis op bestelling

Een of twee maal 'n maand slag en berei ons 'n voorraad Nguni Beesvleissnitte asook skoon varkvleissnitte. Die hoeveelheid van die snitte word bepaal volgens wat ons besikbaar het. Die behoefte van die kliënte gebruik ons wel as riglyn om te bepaal hoe ons dit opdeel binne die perke wat moontlik is. 

Stap 1

Voorraadbywerking

Ons werk ons voorraad lys van produkte op ons shopify webblad by. As jy op ons whatsapp of e-pos lys is sal jy kennis kry elke weer wat ons nuwe voorraad en nuwe produkte byvoeg.

Sluit aan by ons whatsapp-kennisgewing groep. 

Stap 2

Bestel wat jy verlang

Jy kan op die winkel na hartelus kies wat jy wil bestel waar jy dan ook jou naam, adres en belangrik jou selfoonnommer of e-pos adres invul sodat ons met jou kan reël hoe jou bestelling by jou gaan kom.

Dui ook asb in die kommentaar aan hoe jy jou bestelling wil ontvang.

*Pretoria kliente - watter afhaalpunt uit die wat op Whatsapp gekommunikeer is jy verkies.

Stap 3

Doen jou betaling

Jy kan op 4 maniere betaal.

1) Doen direkte bankoorplasing na ons ABSA bankrekening

2) Betaal by aflewering per kredietkaart (via Yoco kaartmasjien)

3) Betaal kontant by aflewering (verkieslik in 'n koevertjie)

4) Jy sal binnekort ook aanlyn kan betaal met die plaas van jou bestelling via Payfast.

MOENIE VERGEET NIE:

As jy enige koopbewyse of afslagbewyse op ons aanlyn winkel ontvang vul die kode in waar jy jou bestelling voltooi.

Stap 4


 

Ons reël met jou vir aflewering

Aflewering tye hang af van waar jy is.

Persone in Nylstroom, Warmbad, Alma en Vaalwater kan enige tyd aanlyn bestel waarvan daar beskikbaar is en ons haal dit vir jou uit en sal aflewering binne 'n 8 dae vanaf jou datum van bestelling af by jou kry. 

Persone in Thabazimbi kan ook bestel en aflewering geskied die 2e en 4e Maandag van elke maand. Die bestelling moet net in wees teen daardie vorige Saterdag middag om 13:00.

Vir Bestellings in Pretoria en nabygeleë streke: Ons bepaal een of twee aflewerdatums in elke maand. Een van drie moontlikhede:

1) Jy reel met ons kontakpersoon in Pretoria Noord om dit by haar af te haal.

2) Jy maak van die afgesproke (veilige) oorgeeplekke gebruik waar ons op die aflewerdatum sal wees om almal wat daar kom afhaal se pakkies te oorhandig.

Daar is aflewer plekke in Elarduspark (Rietvallei), Verwoerdburg (Wierdapark), Pretoria Moot (NG Kerk Waverley-Oos), Silverlakes (Plant Traders) ens Dit verander van maand tot maand maar julle sal per Whatsapp daarvan ingelig word.

3) Aflewering by jou huis. Daar is egter 'n koste aan omdat ons heel moontlik spesiaal daarvoor moet ry.    

Stap 5

Gee asb. jou terugvoer

Ons waardeer enige terugvoer wat jy vir ons wil gee. As jy tevrede is, sal ons dit graag wil weet. As daar iets in jou bestelling was waarmee jy nie tevrede was nie of as jou bestelling onvolledig was, sal ons dit ook graag wil weet sodat ons dit kan regstel.