Is Nguni Vleis Uniek?

5 Feite - Watertrap Nguni’s en hul Vleis:
1. Nguni’s dra nie juis hompe vet aan hulle lywe rond nie – meeste van die tyd is hulle mooi slank 😊
2. As grasgevoerde diere, is Nguni-vleis geneig om taaier te wees, as vleis van kraalgevoerde diere wat min loop -- ons sê hulle is fiks en gesond. 😊
3. Nguni-vleis is bekend vir geurigheid – dink maar aan hoe ‘sagte’ vleissnitte geneig is om plat te proe (‘bland’). Nguni-vleis kan beslis nie daarvan beskuldig word nie. 😉
4. Nguni’s is kleinraam-diere – moet dus nie reuse ‘rumpsteaks’ en T-bene verwag nie. 😉 (Sien aanduidings op die pamflet van die gemiddelde gewigte).
5. Watertrap Nguni-vleis is propvol goeie vitamines en ryk aan nutriente. ‘n Kleiner porsie bring jou ‘n hele entjie verder as wat jy gewoond is.


Moenie nog wag nie - proe!

Verdere inligting oor Nguni's en hulle vleis in hierdie Landbouweekblad artikel (PDF Aflaai)