Hoe werk dit?

Maklik en Skoon

Hoe en waar?

Bestel hormoon-vrye, veldgevoerde Bees en Varkvleis.  

 

By Watertrap...

...werk ons op ‘n maandelikse basis.

Daar word dus maandeliks afgelewer in Nylstroom en Warmbad, asook in Pretoria en Verwoerdburg (Centurion).

(Ons hanteer ook bestellings in Naboomspruit, Vaalwater en Thabazimbi – gesels gerus met ons).

 

Stap 1

Voorraadbywerking

Deur die maand word ons aanlyn-winkel se voorraad aangevul.

Naby maand-einde, wanneer ons gereed is, word kennisgewings per Whatsapp uitgestuur aan ons kliënte.  

Daar is dan geleentheid om tydens die verkoop-“venster” bestellings te plaas, tot en met

die afsnydatum (gewoonlik twee dae voor die amptelike Afleweringsdatum).  

Dit beteken daar is genoeg tyd vir kliënte om inkopies te doen, en vir ons om die boksies te pak.

Beskikbaarheid:

Daar kan enige tyd aanlyn bestel word, maar beskikbaarheid van produkte wissel en die moontlikheid bestaan dat aflewering sal oorstaan tot met die volgende amptelike datum, tensy ander reelings getref kan word.

Die beste tyd om te bestel is maandeinde tydens ons bestelvenster.

 

Stap 2

Bestel wat jy verlang

Dis vinnig en maklik om op die winkel te kies en te bestel.  

Onthou net om jou naam, selfoonnommer of e-pos adres en woonadres in te vul. NB: Jou poskode is belangrik.

Los gerus vir ons ‘n nota, as jy vashaak, of kontak Christina vir hulp.

Sodra jou bestelling voltooi is, kontak ons jou vir verdere kennisgewing.

Jou Faktuur:

Sodra die bestelling voltooi is, word ‘n faktuur ge-epos. As jy dit nie sien nie, loer in jou  'spam'-boks of kontak ons.

 

Stap 3

Doen jou betaling

Jy kan op 4 maniere betaal.

1) Doen direkte bankoorplasing na ons ABSA bankrekening

2) Betaal by aflewering per kredietkaart (via Yoco kaartmasjien)

3) Betaal kontant by aflewering (verkieslik in 'n koevertjie)

4) Betaal aanlyn, by voltooing van jou bestelling via Payfast.

MOENIE VERGEET NIE: As jy enige koopbewyse of afslagbewyse op ons aanlyn winkel ontvang vul die kode in waar jy jou bestelling voltooi.

 

Stap 4

Kommunikasie:

Ons kommunikeer met ons kliente deur middel van Whatsapp-broadcast.

Vra asb om aan te sluit, as jy nog nie op ons kontaklys is nie. 

 

Stap 5:

Aflewering:

Op die Afleweringsdatum bring ons kliënte se bestellings na die onderskeie afhaalpunte (“collection points”), soos gekommunikeer per Whatsapp, waar hulle dit kom afhaal.

Aflewerpunte (“collecton points”) is in Elarduspark (Rietvallei), Verwoerdburg (Wierdapark), Pretoria Moot (Waverley), Pretoria-Oos (Lynnwoodweg) en Magalieskruin (Braam Pretorius).

Ander opsies:

As jy nie kan afhaal nie, gesels met ons. Daar kan gereël word vir:  

·       1. Afhaal by ons depot in Pretoria (Riviera).

·       2. Aflewering tuis, op eie bykomende onkoste.

 

Stap 5

Gee asb. jou terugvoer

Ons waardeer dit geweldig as ons kliënte terugvoer gee. Laat weet ons gerus as jy tevrede is. Maar ook as iets voorgeval het wat pla. So help ons mekaar, en kan ons foute  regstel en ons diens verbeter.